fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus in Gauteng en burgerregte-organisasies vergader oor grondgrype

Die VF Plus is uiters bekommerd oor die toename in voorvalle van grondgrype veral in Gauteng die afgelope tydperk. Beide staatsgrond en privaat eiendomme word geteiken deur mense wat die reg in eie hande neem.

Die VF Plus het reeds die Gautengse polisiekommissaris, luitenant-generaal Elias Mawela gevra wat die polisie se mandaat ten opsigte van onwettige grondgrype is. Volgens lt.genl. Mawela is grondgrype ‘n munisipale aangeleentheid en die polisie kan alleenlik tussenbeide tree wanneer geweld uitbreek.

Die party het die regering versoek om nie hul grondwetlike plig teenoor grondeienaars te versuim en hulle aan die genade van wettelose plunderaars oor te laat nie. Die VF Plus dring daarop aan dat die SAPD toetree wanneer die eerste persoon grond beset en nie te wag vir geweld om uit te breek nie.

Die VF Plus in Gauteng het vandeesweek met AfriForum en ander organisasies vergader om die hoë voorkoms van plaasmoorde en grondgrype in Gauteng te bespreek.

Die VF Plus sal ook binnekort met premier David Makhura vergader om die veiligheidskwessie in Gauteng indringend te bespreek.

Kontaknommer: 071 640 7283

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.