Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Eerste lesingsdebat in parlement: Bewilligingswet 2019 – ANC kan net homself verkwalik vir ekonomiese moeras waarin die land verkeer

Die staat se begroting is nie gemik op ontwikkeling nie, maar eerder om mense in armoede te verkneg, hulle afhanklik van die regering te hou en om regeringsinmenging deur sy beleid van onsekerheid in die ekonomie te bevestig.

Sfiso Buthelezi, voorsitter van die nasionale vergadering se staande komitee oor toedelings, sê die doel van die wet is om ‘n ‘gemors’ op te ruim. Die ANC moet daarvan kennis neem dat hy self hierdie gemors veroorsaak het.

Die ekonomie in afsondering kan nie die land se ekonomie skade berokken nie, wel die ANC se fiskale beleid, wette en staatskaping. Dit is kommerwekkend dat die ANC dit klaarblyklik nie besef nie.

Die regering het toegelaat dat kontrakteurs in baie gevalle deel geword het van die stropingsproses van staatsgeld. Onnodige departemente is geskep en behou wat soos sommige ministeries en adjunk-ministeries blote wat swart gate is waarin belastinggeld verdwyn sonder enige voordele.

Verkeerde prioriteite word gevolg, soos om hoër onderwys ondergeskik te stel aan basiese opvoeding. Verkeerde beleidsrigtings word gevolg soos die Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) wat die gesondheidskrisis net sal vererger.

Die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) vra dat strukturele veranderings in Suid-Afrika se arbeidsomgewing plaasvind om die koste en moeite daaraan verbonde om in die land sake te doen, te verminder. Die Reserwebank beaam dit. Nogtans gebeur dit nie.

Dit is ‘n skande om te hoor van die mislukking van die land se staatsbeheerde ondernemings en die noodsaaklikheid van spesiale toedelingswette om hulle te red. Die vraag moet eerder wees waarom dit gebeur.

In Eskom se geval is die aanvraag na sy produk groot. Hy verskaf meer as 90% van die land se krag. Sy probleme is geskep deur die ANC met sy kaderontplooiing wat onbevoegde amptenare op bestuursvlak toegelaat het om die kragvoorsiener bykans te vernietig. Daarna ook deur gebrekkige oorsig onder ANC-leierskap in die parlement wat die aftakeling toegelaat het.

Dieselfde word aangetref by plaaslike regering waar munisipaliteite en dienslewering oogluikend toegelaat word om in duie te stort. Die ekonomie sal nooit onder sulke omstandighede en onder so ‘n regering kan groei nie.

Kontaknommer: 082 674 6670

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.