fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus moedig pensioenarisse aan om aansoek te doen vir korting op eiendomsbelasting

Pensioenarisse wat in Ekurhuleni-Metro gebied woon, moet by die metro aansoek doen om korting op hul eiendomsbelasting voor die aanvang van die nuwe finansiële jaar op 1 Julie 2023.

Pensioenarisse wat in die verlede vir dié korting aansoek gedoen het, moet heraansoek doen daarvoor omdat die vergunning net vir ʼn jaar geld.

Persone bo die ouderdom van sestig kwalifiseer vir korting op eiendomsbelasting.

Daar is twee soorte korting waarvoor pensioenarisse kan aansoek doen.

In die eerste afdeling word R150 000 korting toegestaan deur middel van die vermindering in eiendomswaarde. R150 000 van ʼn pensioenaris se eiendom is dus vrygestel van eiendomsbelasting.

In die tweede afdeling word die korting bepaal volgens die pensioenaris se maandelikse inkomste.

Die aansoekvorm moet tesame met ʼn beëdigde verklaring, gesertifiseerde afskrif van die persoon se identiteitsdokument asook ʼn belastingstaat of bewys van inkomste by een van die metro se dienssentrums ingehandig word.

Die VF Plus moedig inwoners wat kwalifiseer aan om sonder versuim aansoek te doen vir die korting om te voorkom dat hulle verras word met ʼn hoë munisipale rekening.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.