Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus steun nie Mogale City-begroting weens buitensporige tariefverhogings

Die VF Plus het nie die Mogale City-plaaslike munisipaliteit (Krugersdorp, Magaliesburg, Muldersdrift) se 2023/24-begroting gesteun nie weens buitensporige tariefverhogings.

Die tariefverhogings is as volg:
Eiendomsbelasting : 6%
Elektrisiteit : 15.10%
Water : 9.2%
Riool : 9.2%
Vullisverwydering : 6%

Die VF Plus het dit duidelik gestel dat inwoners nie oorlaai kan word met buitensporige verhogings nie en dat die munisipaliteit ook ander bronne van inkomste moet ondersoek.

Mogale City het groot bronne van inkomste deur sy vingers laat glip met die sluiting van die Krugersdorpse wildtuin, die afbreek van die Bob van Reenen-stadion en openbare swembaddens wat moes sluit weens swak instandhouding.

Die VF Plus het ook teen ʼn verhoging van die ANC-beheerde raad se oortrokke gerief gestem. Die raad wou dit verhoog vanaf R70 miljoen tot R100 miljoen om kontrakteurs te betaal.

Die VF Plus is die enigste party wat die verhoging verwerp het omdat Mogale City reeds finansieel in die knyp is en dit die munisipaliteit net nog verder in die skuld sal dompel.

Mogale City verdien beter as die ANC-geleide raad wat die laaste sent uit inwoners wil wurg met buitensporige tariewe.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.