Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus maan ouers om voorkomend op te tree met masels-uitbraak in Ekurhuleni

Die VF Plus maan inwoners, en veral ouers van die Ekurhuleni-metro, om eerder voorkomend op te tree met die uitbraak van masels in die metro.

Daar is tans reeds 80 bevestigde gevalle aangemeld.

Die Gautengse departement van gesondheid monitor tans die situasie, maar dit is belangrik dat ouers en voogde waaksaam bly en die toepaslike stappe neem om hul kinders se gesondheid te beskerm.

Die gesondheidsdepartement het ʼn masels- en rubella-inentingsveldtog in Junie geloods wat tot 12 September sal duur. Dit is gemik op kinders tussen die ouderdomme van 6 maande en 15 jaar.

Inentings word by skole, klinieke, taxistaanplekke en selfs met deur-tot-deur-tuisbesoeke toegedien. Die inenting is gratis.

Die volgende simptome mag daarop dui dat kinders masels onder lede het:

• Koors
• Hoes en loopneus
• Rooi, waterige oë
• Uitslag wat gewoonlik op die gesig begin en oor die liggaam versprei

Voorkomende maatreëls en vroeë mediese aandag kan ’n groot verskil maak in die hantering van die uitbraak.

Die VF Plus sal voortgaan om relevante inligting met inwoners te deel om die uitbraak die hoof te bied.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.