Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus los parkeerprobleem op voor Overberg Agri in Moorreesburg

Die VF Plus het die parkeerprobleem voor die Overberg Agri-gebou, op die hoek van Lang- en Hoofstraat in Moorreesburg, bevredigend opgelos tot voordeel van die onderneming en gemeenskap.

Die bestuur van Overberg Agri het die VF Plus genader na sy klagtes by die Swartland-plaaslike munisipaliteit op dowe ore geval het.

Die VF Plus het die saak formeel onder die aandag gebring van die direkteur van siviele ingenieurswese, mnr Louis Zikmann, en die volgende bekommernisse aan hom uitgelig.

• Die ongeskiktheid van die huidige parkering se ontwerp vir vragmotors.
• Die ernstige risiko wat dit inhou vir voetgangerveiligheid.
• Die herhaalde strukturele skade wat vragmotors aan Overberg Agri se gebou aanrig weens die onwettige parkering op sypaadjies.
• Klagtes aan die munisipaliteit oor tyd, maar sonder enige reaksie.
• Voortdurende frustrasie van motoriste oor die gebrek aan wettige beskikbare parkering.

Die direkteur het op 14 Julie aan die VF Plus bevestig dat die toepaslike verkeerstekens by die parkering aangebring sal word om vragmotors te verbied om daar te parkeer.

Hierdie maatreël sal voetgangerveiligheid verbeter, eiendom beskerm en orde herstel in hierdie besige kommersiële sone.

Alhoewel die VF Plus die positiewe uitkoms verwelkom, bly dit kommerwekkend dat die munisipaliteit nie op vorige klagtes van die publiek of sakeondernemings gereageer het nie. Klagtes is bloot van een munisipale afdeling na ʼn volgende verwys sonder enige oplossing.

Dit dui op ʼn sistemiese probleem in die munisipaliteit om klagtes te hanteer en op te los.

Die VF Plus herbevestig sy verbintenis om te veg vir die regte van elke inwoner in die Swartland-munisipaliteit en aanspreeklikheid af te dwing.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.