Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Behoeftige Ekurhuleni-inwoners word soos stiefkinders behandel

Die Ekurhuleni-metro behandel behoeftige inwoners soos stiefkinders deur hul swaarder te belas sodra hulle meer as die minimum hoeveelheid gratis krag van 50 eenhede gebruik.

Die metro beloof al vir jare om behoeftige inwoners te beskerm deur aan hulle spesiale tariewe te bied.

Die feite is egter die volgende:

Maandelikse kragverbruikBehoeftigesGewone verbruikers
Verbruikersblok: 0 – 50 kWhR0,00R2,5865
Verbruikersblok: 50 – 600 kWhR2,5861R2,5865
Verbruikersblok: 600 – 700 kWhR4,3956R4,0341
Verbruikersblok: 700+R12, 3889R10,4287
Enkelkoers in die geval van ‘n faktureringstelsel wat nie die blokkoers kan akkommodeer nieR2,7356R2,7061

Dit beteken sodra ’n arm huishouding sy 50 eenhede gratis krag gebruik het, word hy onmiddellik met hoër tariewe gestraf en moet ook die basiese fooi van R109 betaal.

Dit is onregverdig vir behoeftige gesinne met kinders, arm bejaardes of mense wat van die huis af werk en studeer.

Die metro kan nie langer voortgaan om armes te straf nie. Die VF Plus dring daarop aan dat die metro die diskriminerende tariefstruktuur herevalueer.

Dit is onregverdig en onaanvaarbaar dat behoeftige huishoudings meer per krageenheid moet betaal as meer gegoede huishoudings sodra hulle die minimum drempel oorskry.

Die VF Plus sal druk op die Ekurhuleni-metro plaas om die  herevaluasie as ʼn prioriteit te hanteer om so behoeftiges regverdig te behandel.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.