fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus in Steve Tshwete-munisipaliteit steun mosie om ANC-simbole te verwyder

Die VF Plus se steun dat ANC-simbole vanuit die munisipale gebou in die Steve Tshwete-plaaslike munisipaliteit verwyder moet word, het daartoe bygedra dat die mosie einde verlede week tydens 'n raadsvergadering geslaag het.

Die ANC-simbole is onder meer pilare wat in die ANC-kleure geverf is en verskeie foto's van vorige ANC-leiers.

Dit is teen munisipale regulasies om party-kleure en -simbole in die gebou te vertoon.

Tydens die vergadering het 32 raadslede van ander partye teen die 22 ANC-raadslede gestem. Die mosie is aanvaar en alle ANC-simbole moet op sy eie onkoste verwyder word.

Dit het daartoe gelei dat die ANC uit die raadsaal gestorm het.

Dit was die eerste keer in dié munisipaliteit se geskiedenis dat opposisiepartye ANC-raadslede in ‘n stemming geklop het.

Ná die verkiesing van 2021 het die ANC sy meerderheid in die raad verloor. Sedertdien het al hoe meer mosies oor noodsaaklike oplossings vir probleme in die munisipaliteit in die raad geslaag. Dit het nooit voorheen gebeur nie.

Koalisies en samewerking tussen opposisiepartye moet nou red wat te redde is ná byna drie dekades se vernietigingswerk van die ANC.

DEEL DIT:

jongste artikels

Van die VF Plus se politieke lessenaar
Dalien Steyn

Meningspeilings en verkiesingsuitslae

Daar is die afgelope ruk byna elke week ʼn nuwe meningspeiling wat voorspel hoe politieke partye in die komende verkiesing gaan vaar.

Die jongste dag-tot-dag-meningspeiling van die Social Research Foundation (SRF) dui daarop dat die ANC nou voorloop in KwaZulu-Natal nadat hy sy groot kanonne ingestuur het om in die provinsie stemme te werf.

LEES MEER
Jongste nuus
Amanda de Lange

Lesufi faal welsynsorganisasies

Die Gautengse premier, Panyaza Lesufi en die LUR vir maatskaplike ontwikkeling, Mbali Hlope, se krisisbestuur om welsynsorganisasies wat nog nie hul diensooreenkomste ontvang het nie

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.