Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Lephalale kry ongekwalifiseerde ouditmening van OG

Luidens ’n onlangse verslag van die ouditeur-generaal (OG) het die Lephalale-plaaslike munisipaliteit (Ellisras) ‘n ongekwalifiseerde ouditmening ontvang.

Hierdie mening bied nie 'n siening of 'n onderneming (die munisipaliteit in hierdie geval) in goeie ekonomiese gesondheid verkeer nie.

Die mening stel eerder dat 'n onderneming se finansiële verslagdoening deursigtig en deeglik is en nie belangrike feite versteek nie.

Daar is wel vyf knelpunte wat uitstaan:

1. Die munisipaliteit is die respondent in ‘n menigte hofsake wat onnodige geld kos.
2. Die munisipaliteit sit met R60 048 463 se skuld (rente verskuldig aan Eskom vir laat betalings) wat die kanse van terugbetaling bemoeilik.
3. Vrugtelose en verkwiste uitgawes beloop R21 078 724.
4. Ongemagtigde uitgawes beloop R5 889 901 weens oorbesteding, voorraadgebruik en skuldlas.
5. Inkomstebestuur is nie in plek nie en die munisipaliteit sukkel om geld in te vorder.

Die VF Plus sal toesien dat Lephalale die voorstelle van die OG implementeer en die knelpunte aanspreek.

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Riaan van Heerden

Kirkwood: Van groen tot vervalle

Kirkwood, ʼn eens florerende en verwelkomende dorp, word deesdae geteister met diensleweringsprobleme wat inwoners warm onder die kraag het. Dié dorp, Addo en Paterson in

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.