Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus in Noordwes daag premier uit om verval te stop

Die VF Plus in Noordwes het in reaksie op premier Lazarus Mokgotsi se openingsrede verlede Donderdag, ‘n beroep op hom gedoen om professionele leierskap te toon om die verval in die provinsie stop te sit.

Mokgotsi se openingsrede het geen volhoubare oplossings vir Noordwes se omvangryke uitdagings gebied nie.

Bestaande infrastruktuur verval hand oor hand en van behoorlike onderhoud is daar geen sprake nie.

Wanadministrasie verswelg dorpe en dienslewering stort ineen. Skaars natuurlike hulpbronne soos water word vernietig weens swak of totaal afwesige omgewingsbestuur.

Wildreservate gaan ten gronde in die afwesigheid van professionele bestuur. Geen sake- of omgewingsbestuursbeplanning word gedoen nie.

Hierdie stand van die provinsie lei boonop tot ‘n uitvloei van skaars vaardighede. Professionele persone en sakelui gaan vestig hulle toenemend elders in die land weens die verval en gevolglik negatiewe ekonomiese omgewing.

Die VF Plus het beklemtoon dat slegs sterk en professionele leiding die situasie in Noordwes kan verbeter.

Die premier het nou die geleentheid om volhoubare oplossings te implementeer en dissipline en etiek in die Noordwes-provinsiale regering te herstel.

Die vraag is egter of hy die politieke wil het om te verbeter en die provinsie se inwoners eerste te stel.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.