Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus eis ondersoek na polisielid se betrokkenheid by leerder se ontvoering in Bloemfontein

Die VF Plus eis dat die Vrystaatse polisiekommissaris, luitenant-generaal Baile Motswenyane, alle moontlike hulpbronne spoedig aanwend om die motiewe agter die ontvoering van ‘n 19-jarige leerder van die Martie du Plessis-skool in Bloemfontein te ondersoek

Dit is veral belangrik gesien in die lig daarvan dat een van die ontvoerders luidens berigte ’n polisiebeampte is.

Die feit dat ’n lid van die polisie aan só ’n ernstige misdaad verbind word, is niks minder as n skande en skokkend nie.

Die inwoners van die Vrystaat is siek en sat vir die vlaag van misdaad wat hulle daagliks bedreig, des te meer wanneer dié misdade uit die geledere uit die polisiediens self spruit.

Die publiek is veronderstel om alle rede te hê om polisiebeamptes as beskermers te sien, nie as ’n bedreiging vir hul kinders se veiligheid nie.

Die VF Plus doen verder ’n beroep op lt.genl. Motswenyane om ’n volledige verslag oor die voorval aan die publiek bekend te maak, met duidelike antwoorde oor wie betrokke was, wat die motief vir die ontvoering is, en watter stappe geneem gaan word om soortgelyke voorvalle in die toekoms te voorkom.

Die gemeenskap verdien geregtigheid, sonder uitstel.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.