Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Geen verbetering by Nala ten spyte van provinsiale ingryping

Ten spyte van die Vrystaatse regering se ingryping ingevolge artikel 139(1)(b) van die Grondwet, duur diensleweringsprobleme en administratiewe ontwrigting by die Nala-plaaslike munisipaliteit (Bothaville, Wesselsbron) voort tot groot nadeel van inwoners en die sakegemeenskap.

Die VF Plus is diep bekommerd oor die aanhoudende diensleweringskrisis in Nala waar gereelde kragonderbrekings en ontwrigtende optrede by munisipale kantore die funksionering van die munisipaliteit lamlê.

In Bothaville se nywerheidsgebied het kragonderbrekings byna ’n weeklikse verskynsel geword. Die munisipaliteit wag steeds op kwotasies vir die aankoop van onder meer kragkabels en administratiewe goedkeuring, terwyl ondernemings en inwoners gereeld vir dae sonder krag is – sonder enige tydelike oplossing in plek.

Terselfdertyd ontwrig ’n klein groep mense sedert 2024 aktief die werksaamhede by die munisipaliteit deur personeel te intimideer en te verwyder. Ten spyte van ’n klag by die polisie in Februarie, het daar geen daadwerklike optrede gevolg nie.

Die VF Plus doen ’n beroep op die munisipaliteit en provinsie om dringend op te tree, dienslewering te herstel en personeel te beskerm.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.