fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus eis dringende optrede teen brandstigters

Dit het aan die lig gekom dat brandstigters verantwoordelik was vir verskeie van die verwoestende brande wat die afgelope week tot groot skade in die Vrystaat gelei het.

Die brande wat onder meer tussen Bultfontein en Bloemfontein asook tussen Theunissen en Welkom gewoed het, het tot grootskaalse verliese vir die landbousektor gely.

Die VF Plus dring daarop aan dat die Vrystaatse polisiekommissaris, me. Baile Motswenyane, alle moontlike hulpbronne inspan om die skuldiges op te spoor en om genadeloos op te tree teenoor brandstigters in die provinsie.

Boere en hul werkers moet hul lewe en eiendom in gedrang stel om vure in bitter gevaarlike omstandighede te blus.

Landbou is tans die mees riskante beroep met vele faktore wat geweldige druk op die sektor plaas. Hoë insetkoste en beurtkrag het reeds veroorsaak dat aartappels en eiers rekordpryse behaal en plaas geweldige druk op verbruikers en die land se voedselsekuriteit.

Die VF Plus bedank boere wat dae aaneen vir die afgelope weke veg om vure te blus en spreek sy simpatie uit met diegene wat eiendom verloor het en ander skade gely het.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.