fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus veroordeel Hamas oor aanval op Israel

Die VF Plus veroordeel die Hamas-aanval op Israel en die sinnelose slagting van burgerlikes ten sterkste en sal wil sien of die ANC-regering met sy openlike anti-Israelse sentimente dit soos die res van die wêreld gaan veroordeel.

Die VF Plus daag die ANC uit om hierdie keer die regte ding te doen en hom onvoorwaardelik van Hamas se optrede te distansieer.

Die deeglik beplande aanval het gisteroggend vroeg afgeskop en videomateriaal wat sedertdien op sosiale media verskyn het, skets die slagting en ontvoering van Israelse burgers in grafiese detail.

Die aanval het ‘n dag ná die 50ste herdenking van Israel se onafhanklikwording plaasgevind.

Dit herinner aan die aanval in 1973 deur Egipte en Sirië op Israel wat die begin was van volskaalse oorlog in die Midde-Ooste.

Die VF Plus het vanoggend sy meegevoel betuig met die ambassadeur van Israel in Suid Afrika, mnr. Eli Belotsercovsky.

Belotsercovsky het aan die VF Plus gesê die aanval is nog lank nie afgeweer nie en dat ‘n groot aantal gyselaars in Israel gevange geneem is en aangehou word.

Die VF Plus spreek hiermee sy opregte medelye uit met die naasbestaandes van slagoffers en hoop opreg dat die ontvoerde persone ongedeerd gevind sal word.

Hierdie aanval is barbaars, sonder enige uitlokking en kan op geen manier goedgepraat word nie.

Enige persoon of regering wat dit goedpraat of weier om dit te veroordeel, skaar hulle aan die kant van die oortreders én die daad wat niks anders as terreur is nie.

Die VF Plus beklemtoon sy ondersteuning vir die staat van Israel en gee erkenning aan Israel se reg om homself en sy burgers met alle middele tot sy beskikking te verdedig.

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Mark Surgeon

Tshwane-metro minag Strukturewet

Die Tshwane-metroraad het gister tydens ʼn raadsvergadering die Munisipale Strukturewet geminag deur ʼn verslag wat handel oor ʼn ANC-raadslid wat ses agtereenvolgende raadsvergaderings nie bygewoon

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.