fbpx
Vryheidsfront Plus

Groot Trek 1838-Eufeesgedenkmonument in ere herstel ná druk van VF Plus en ander

Die uitvoerende burgemeester van Matlosana, Nonhlupheko Tsolela, het ná druk van onder meer die VF Plus, onderneem om die Groot Trek 1938-Eeufeesgedenkmonument in Klerksdorp in ere te herstel.

Die gedenksteen is verlede maand van die monument verwyder en met ʼn steen van munisipale slagoffers van die Covid-19-pandemie vervang.

Die VF Plus het die munisipaliteit vandeesweek in ʼn verklaring daarop gewys dat die optrede onwettig, onregmatig en teenstrydig is met erfenismaatreëls en die Wet op Erfenishulpbronbestuur 25 van 1999.

Michal Groenewald, die VF Plus se provinsiale leier in Noordwes, het die burgemeester persoonlik besoek en die party se ontevredenheid oor die aangeleentheid uitgespreek.

Die burgemeester het hierop in ʼn verklaring om verskoning gevra vir die “oorsigtelike fout” en het onderneem om die gedenksteen weer op sy regmatige plek terug te plaas.

Die VF Plus verwelkom die burgemeester se openheid oor die aangeleentheid asook die onderneming om dit reg te stel.

Die party het nog nooit iemand anders se reg om sy geskiedenis of kultuur te gedenk, ontken nie. Die feit dat Suid-Afrika jaarliks al sy inwoners se herkoms op ʼn spesiale dag vier, wys hoe belangrik erfenis vir die land se mense is.

Die Groot Trek is een van die belangrikste geskiedkundige gebeurtenisse vir die Afrikaner en het ʼn ingrypende invloed op die totale geskiedenis van die land gehad.

Die monument is met die Voortrekker-eeufees in November 1938 ingehuldig. Die spore van die Johanna van der Merwe- en die Margaretha Prinsloo-ossewa kan steeds by die monument gesien word.

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Mark Surgeon

Tshwane-metro minag Strukturewet

Die Tshwane-metroraad het gister tydens ʼn raadsvergadering die Munisipale Strukturewet geminag deur ʼn verslag wat handel oor ʼn ANC-raadslid wat ses agtereenvolgende raadsvergaderings nie bygewoon

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.