Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Ekurhuleni verloor meer as R1,5 miljard aan kraginkomste

Die Ekurhuleni-metro het in die 2022/2023-finansiële jaar meer as R1,5 miljard aan kraginkomste verloor weens beurtkrag, onwettige kragverbindings, knoeiery aan kragdrade en die maklike toegang tot kragmeters.

Dié skokkende inligting is gepubliseer in ʼn verslag van die finansiële oorsigkomitee ter voorbereiding vir die 2024/25-finansiële begroting.

Volgens die verslag kan die werklike verlies selfs hoër wees omdat nie al die onbeplande onderbrekings deur die metro in berekening gebring is nie.

In 2022 het 2 294 onbeplande kragure verlore gegaan met ʼn potensiële verlies van R595 miljoen en in 2023 ʼn totaal van 3 540 ure wat ʼn verlies van R933 miljoen daarstel.

Die verslag dui ook aan dat gedurende dieselfde finansiële jaar daar verdere kragverliese gely is van tussen R3 miljard en R3,4 miljard waarvan die oorsaak blykbaar onbepaalbaar is.

Alhoewel daar ʼn verhoging van geregistreerde kragrekeninge op 30 Junie 2023 (443 534) aangedui is in teenstelling met dieselfde tydperk in 2022 (442 872), was daar steeds ʼn afname aan kragverkope. Dit word aan beurtkrag toegeskryf.

Dit is duidelik daar moet daadwerklik opgetree word teen onwettige kragverbruikers en die VF Plus sal die ANC/EFF-regering hieroor konfronteer.

Die VF Plus is van mening dat Ekurhuleni ʼn nuwe holistiese kragplan nodig het wat die metro minder afhanklik van Eskom maak. Hierdie verslag bevestig dit.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.