Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus eis aksie teen waterkrisis in Bronkhorstspruit

Die VF Plus eis dringende optrede om ’n waterkrisis in Bronkhorstspruit die hoof te bied wat veroorsaak word weens die verval by die plaaslike watersuiweringswerke.

‘n Plaaslike inwoner en VF Plus-aktivis, me. Quintille de Vries, se verslag hieroor wys nie net op die probleme wat tans ervaar word nie, maar doen ook oplossings aan die hand. (Verslag aangeheg)

Die kern van die probleem word uitgewys as ’n infrastruktuur-betroubaarheidsprobleem wat veroorsaak word weens verouderde toerusting en gebrekkige onderhoud, eerder as ‘n tekort aan rouwater by die aanleg.

Slegs een pomp is nog operasioneel terwyl die helfte van die aanleg buite werking is omdat filtersand sedert 15 Mei 2026 nie aangevul word nie.

Die aanleg is ontwerp om 54 miljoen liter skoon water per dag aan Bronkhorstspruit, Zithobeni, Ekangala, Rethabisengte en omliggende gemeenskappe te verskaf, maar lewer tans aansienlik minder en hoër gebiede ervaar gereeld lae waterdruk of selfs droë krane.

Luidens die verslag is die vinnigste en goedkoopste manier om watertoevoerbetroubaarheid in Bronkhorstspruit te verbeter, om die ontbrekende filtersand aan te vul, die verouderde rouwaterpomp op te knap, ’n tweede rouwaterpomp vir rugsteundoeleindes te installeer, kritieke onderdele op die perseel te hou en om voorkomende instandhouding te doen.

Hierdie ingrypings is veel goedkoper as die bou van ’n nuwe behandelingsaanleg en sal waterbeskikbaarheid vir inwoners, ondernemings, skole en gesondheidsorggeriewe verseker.

Die verval van dié wateraanleg is nóg ‘n bewys van hoe die huidige ActionSA/ANC-geleide koalisieregering die inwoners van Bronkhorstspruit in die steek laat.

Inwoners van Bronkhorstspruit sal op 4 November 2026 vir die VF Plus kan stem om ‘n verantwoordbare regering daar te stel wat hierdie krisis as ’n top prioriteit sal hanteer.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.