Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus-burgemeesterskomiteelid verskaf ondersteuning aan Ekurhuleni se skole met “ADOPT-A-SCHOOL”-veldtog

Die VF Plus het hierdie week saam met die burgemeester van die Ekurhuleni-metroraad belangrike ondersteuning aan skole in die metro verskaf met die “Adopt-a-School”-veldtog van die metro.

Die veldtog se oogmerk is om openbare skole by te staan om leerders te bemagtig om hul skoolloopbane suksesvol te voltooi.

Die veldtog sluit besoeke in aan verskeie skole in die metro.

Op Dinsdag, 17 Januarie, is besoek afgelê by die Hoërskool Goudrif en die Elandsparkskool vir leerders met spesiale onderwysbehoeftes.

Gister is besoek afgelê by die Primrose Tegniese Hoërskool en vandag by die Laerskool James Nkosi.

Die veldtog behels ook die gebruik van 'n mobiele biblioteek vir die dag by skole. Kennis is mag en bevrydend en daarom is dit belangrik dat leerders toegang tot boeke moet kry.

Die VF Plus het ook 'n mobiele kliniek namens die metro beskikbaar gestel vir leerders wat nie toegang het tot oogkundiges nie.

As ‘n belangrike deel van die gesondheidsportefeulje wil die VF Plus seker maak dat leerders nie net toegang het tot boeke nie, maar ook behoorlik kan lees sonder die las van oogprobleme.

Hierdie veldtog is weereens ‘n bewys dat die VF Plus omgee vir die gemeenskappe, skole en leerders van Ekurhuleni en nie sal huiwer om ondersteuning te verskaf waar dit nodig is nie.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.