fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus versoek Gautengse polisiekommissaris om breek-en-gryp-voorvalle te skei van diefstal uit voertuie

Die VF Plus het die Gautengse provinsiale polisiekommissaris, lt.genl. Elias Mawela, genader om gryp-en-breek-voorvalle, wat tans deel vorm van diefstal uit motorvoertuie in die polisie se misdaadstatistiek, van mekaar te skei.

Diefstal uit motorvoertuie beteken dat daar geen persoon in die voertuig teenwoordig was toe die misdaad plaasgevind het nie, terwyl met breek-en-gryp-voorvalle die persoon teenwoordig is in die voertuig.

In vele gevalle is ‘n wapen betrokke.

Daar is dus ‘n duidelike onderskeid tussen die twee misdade en dit behoort nie saamgevoeg te word nie.

In gebiede waar daar ‘n hoë voorkoms van breek-en-gryp-voorvalle is, moet sigbare polisiëring ook verskerp word en waarskuwingstekens opgerig word.

Breek-en-gryp-voorvalle is ‘n ernstige misdaad en kan lewensverlies of ernstige beserings meebring.

Die polisie het ‘n verantwoordelikheid om die publiek te waarsku en te beskerm om te verhoed dat hulle slagoffers word van dié tipe misdaad.

In die lig van die stygende misdaadsyfer en verdoemende misdaadstatistiek kan kommissaris Mawela nie anders as om aan die VF Plus se versoek gehoor te gee nie.

Indien die VF Plus slaag in sy versoek kan die voorstel opgewentel word na nasionaal.

Die VF Plus doen ook ‘n beroep op die publiek om nie waardevolle items oop en bloot in hul voertuie uit te stal nie en ten alle tye waaksaam te wees.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.