fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus bestry politieke partye se misbruik van munisipale hulpbronne

Die VF Plus het sy strukture landwyd versoek om die misbruik van munisipale hulpbronne vir partypolitieke veldtogte te identifiseer sodat daar teen die skuldiges opgetree kan word.

Die partystrukture is ook versoek om munisipale amptenare wat die nasionale regulasies oor die deelname van amptenare aan verkiesings as partykandidate oortree, te identifiseer sodat gepaste stappe geneem kan word.

Die regulasies bepaal onder meer dat sulke amptenare verplig is om verlof te neem sodra hul kandidature bevestig is. Hulle mag vir die duur van die veldtog ook geensins enige munisipale hulpbronne soos fondse, voertuie, werkpersele, kommunikasietoerusting, munisipale kliënte- of diensverskaffersdata, munisipale embleme of ander toerusting gebruik nie.

Dit is noodsaaklik dat munisipale owerhede hierdie regulasies streng toepas om die integriteit van die verkiesing te beskerm en verál om die misbruik van munisipale bates te voorkom.

Verál amptenare in ANC-beheerde munisipaliteite en plaaslike ANC-politici het hulself in die verlede skuldig gemaak aan oortredings van die regulasies.

Die VF Plus sal bly stry vir skoon en regverdige verkiesings en die voorkoming van korrupsie en die stroping van munisipale hulpbronne.

Kiesers moet op 29 Mei met hul stemme rondom die VF Plus verenig sodat die party as deel van ʼn veelpartykoalisie weer skoon en professionele regering in Suid-Afrika kan vestig.

Saam kan ons herstel en bou.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.