fbpx
Vryheidsfront Plus

Hospitaalteaters in Gauteng gesluit weens ANC se swak bestuur

Die swak finansiële bestuur van Gauteng se departement van gesondheid het veroorsaak dat honderde pasiënte by die Leratong-hospitaal in Krugersdorp nie noodsaaklike operasies kan ondergaan nie.

Pasiënte wag reeds maande op operasies, maar weens die departement se versuim om kontrakteurs te betaal, is die teater-afdeling gesluit.

Teaters moes noodgedwonge gesluit word omdat die verskaffer wat ʼn opgegradeerde lugversorgingseenheid by die hospitaal geïnstalleer het, nie betaal is nie.

Die verskaffer het die lugversorgingseenheid elektronies gesluit wat beteken niemand kan die verkoeler reguleer nie en teaters is daarom onbruikbaar.

Operasies word nou by die Yusuf Dadoo-hospitaal, Carletonville se distrikshospitaal en die Charlotte Maxeke-akademiese hospitaal uitgevoer.

Die beskikbaarstelling van teaters in die drie hospitale is egter nie voldoende nie aangesien die hospitale self die teaters nodig het.

Die gevolg is dat pasiënte vir maande in die hospitaal bly voordat hulle geopereer word.

Die probleem het in November verlede jaar ontstaan toe die lugversorgingseenheid dringend opgegradeer moes word. Daarna het die betalingsprobleem gevolg.

Gauteng het verlede jaar onderneem om goedgekeurde verskaffers binne ʼn maand te betaal wat nie nagekom word nie.

Die departement se nalatigheid om te betaal, is nog ʼn bewys dat die ANC-regering nie sy woord gestand hou nie.

Die tyd het aangebreek om van die ANC ontslae te raak en die land en die gesondheidstelsel te herstel en te bou.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.