Die tyd het aangebreek om die oor-en-weer bewerings en ontkennings rondom die uitgelekte Nkandla-verslag van die Openbare Beskermer (OB), adv, Thuli Madonsela in belang van Suid-Afrika op te klaar, sê dr. Pieter Groenewald, die Vryheidsfront Plus se parlementêre leier.
Die inhoud van ‘n verslag, wat volgens mediaberigte die verslag van die OB is, het die afgelope week opslae gemaak en het selfs daartoe gelei dat die onmiddellike bedanking van die staatspresident, mnr. Jacob Zuma, uit verskeie oorde geeis word.
Volgens dr. Groenewald heers daar groot onsekerheid oor die aangeleentheid aangesien die OB nog nie bevestig het of die gelekte verslag wel die een is wat deur haar kantoor opgestel is nie.
“Hierdie aangeleentheid, waar die land se staatshoof van korrupsie en bedrog besluldig word, is baie ernstig.
“Dit kan net opgelos word indien die OB nou ‘n behoorlike en volledige verslag uitreik en dit so gou as moontlik openbaar maak sodat almal kan weet wat die ware stand van sake is,” sê dr. Groenewald.
Kontaknommer: 083 627 4397