Die VF Plus oorweeg tans regstappe teen die Gauteng-regering om die onregmatige aanwending van belastinggeld vir die oprig van 51 reklameborde teen sowat R2 miljoen per maand te stuit, sê mnr Jaco Mulder, LPW en VF Plus-leier vir Gauteng.
Die party oorweeg ‘n aansoek in die Hooggeregshof om die regering te dwing om die koste van die reklameborde van die ANC te verhaal, sê Mulder.
Die blatante miskenning van die onderskeid tussen staat en party deur die ANC-regering, stel die voortbestaan van ‘n demokratiese bestel in Suid-Afrika in gevaar.
Die VF Plus is verder reeds in proses om die Openbare Beskermer en die Onafhanklike Verkiesingskommissie te vra om hierdie misbruik van belastingbetalersgeld onmiddellik te ondersoek sodat die advertensieborde verwyder kan word of die ANC verplig kan word om dit uit eie fondse te betaal.
082 466 3786