Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Twee VF Plus-raadslede van Tshwane-metroraad ontvang raadsheer-status

Twee VF Plus-raadslede in die Tshwane-metroraad is verlede Donderdag met raadsheer-status vir hul uitsonderlike werk in die metroraad beloon.

Die status, wat lewenslank behou word en wat ongeag partyverband verleen word, word volgens ‘n streng puntestelsel bereken waar punte toegeken word vir onder meer jare diens as raadslid, voorsitterskap van ‘n komitee en diens as lid van die burgemeesterskomitee.

Raadsheer Sakkie du Plooy, wat reeds sy tweede termyn in die Tshwane-metroraad dien, is burgemeesterskomiteelid vir gesondheid waar hy onverpoos werk om gesondheidsdienste van ‘n hoë standaard aan die inwoners van die metro te lewer.

Raadsheer Awie Erasmus dien ook in sy tweede termyn as raadslid en is voorsitter van die openbare rekeningekomitee met ‘n oorsigrol oor finansies om seker te maak die metroraad se amptenare word verantwoordbaar gehou vir wanbestuur en korrupsie.

Wat die prestasie meer besonder maak, is dat raadsheer Erasmus op 33 jaar een van die jongste raadslede in die geskiedenis is om die eer te ontvang.

Beide raadshere sal in die komende munisipale verkiesing as kandidate vir die VF Plus in die Tshwane-metroraad staan.

Die VF Plus spreek sy gelukwense aan die twee leiers uit en glo dat hulle sal voortgaan om van krag tot krag te groei tot voordeel van die party.

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.