fbpx
Vryheidsfront Plus

Suid-Afrika moet eie huis in orde kry voordat hy hom kwel oor ander se veiligheid

(Parlementêre debat: Versterking van veiligheidsgroepering en die mobilisering van Suid-Afrika se mense en Afrika)

Suid-Afrika moet sy eie huis in orde kry wat veiligheid aanbetref voordat hy aan ander lande in die streek en in Afrika wil voorskryf wat hulle moet doen.

Dit geld veral wanneer daar reeds groot vrae hang oor Suid-Afrika se veiligheidsgroepering en wanneer ’n verslag van kundiges vingers na president Cyril Ramaphosa en sy kabinet wys oor die onrus wat in Julie verlede jaar groot onstabiliteit in die land veroorsaak het.

Daarbenewens is die strafregstelsel van Suid-Afrika besig om die land se mense in die steek te laat.

Die polisie se eie statistiek wys dat minder as 20% van alle persone wat misdaad pleeg, eindelik suksesvol vervolg word. Die kans is dus groter as 80% om weg te kom met misdaad in die land.

Hierdie verlore stryd teen misdaad blyk ook uit onder meer die land se moordsyfer en die voorkoms van geslagsgeweld.

Sowat 1 200 mense is in die laaste kalenderjaar in Suid-Afrika vermoor deur boendoehowe en mense wat die reg in eie hande neem.

Dit is ’n duidelike teken van ’n gemeenskap wat vertroue in die polisie en die veiligheidsgroepering verloor het om wet en orde te handhaaf.

Die ANC-regering moet eers selfondersoek doen voordat hy hom begin kwel oor die situasie elders.

Eindelik sal die situasie in Suid-Afrika net reggestel word wanneer ontslae geraak word van die ANC en ’n nuwe regering aan bewind kom.

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.