Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Stadsbeplanners doen nie genoeg om onwettige bouwerk in Ekurhuleni te stop

Die Ekurhuleni-metroraad se departement vir stadsbeplanning faal inwoners weens die klein getal inspeksies om onwettige bouwerk in die metro te ontmoedig.

Die metro het tans 62 bou-inspekteurs in diens wat in die afgelope ses maande 32 000 inspeksies by boupersele uitgevoer het. Dit is vier inspeksies per dag.

Net 816 uit die 32 000 inspeksies (4%) is as ʼn oortreding van die metro se bouregulasies uitgewys. Net 33 van die 816 boupersele wat as onwettig uitgewys is, se bouwerk is met ʼn hofaansoek gestop.

Vir die res van die oortreders word bloot boetes uitgereik wat betaal moet word voordat formeel aansoek gedoen kan word by die metro om bouplanne goed te keur.

Daar is geen sekerheid of die boetes enigsins daartoe lei om oortreders te dwing om by die metro goedkeuring te verkry vir hul bouplanne nie.

Boupersele en geboue wat deur die publiek gebruik word, moet ten alle tye veilig wees.

Dit is die taak van die departement se inspekteurs om te sorg dat boupersele gereeld en genoegsaam gemonitor word om die veiligheid en bruikbaarheid daarvan te verseker.

Dit is tydens die bouproses asook met die ingebruikneming van die nuutgeboude persele.

Die VF Plus eis dat ʼn oudit van die departement se inspeksie-werksaamhede as ʼn saak van dringendheid opgestel word.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.