Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Slaggate in Johannesburgse wys wanbestuur van ANC-koalisie

Die jongste reën in Johannesburg het nie net slaggate oopgespoel nie, maar ook die volle omvang van die ANC-koalisieregering se mislukte bestuur blootgelê.

Binne enkele weke verskyn dieselfde slaggate weer, ’n duidelike teken van swak vakmanskap en korttermyn-“herstelwerk” wat belastingbetalers duur te staan kom.

Reën is ’n natuurlike en voorspelbare faktor, maar die feit dat slaggate keer op keer op dieselfde plekke verskyn, wys dat die probleem nie by die weer lê nie, maar by ’n regering wat nie beplanning, kwaliteit of verantwoordbaarheid prioritiseer nie.

Tydelike lapwerk hou nie en stel inwoners en motoriste daagliks in gevaar.

Die ANC-koalisieregering se benadering mors belastinggeld en laat inwoners opdok vir voertuigskade, verkeersontwrigting en veiligheidsrisiko’s. Kontrakteurs word nie aanspreeklik gehou vir die duursaamheid van hul werk nie en die metro kies kwantiteit bo kwaliteit.

Behoorlike vakmanskap en volhoubare herstelmetodes, insluitend deeglike voorbereiding van beskadigde areas en effektiewe blokseëling, is noodsaaklik om waterindringing te voorkom en te verseker dat herstelwerk langer as net een reënsiklus hou.

Die komende plaaslike regeringsverkiesing op 4 November bied aan inwoners die geleentheid om ’n einde te maak aan die wanbestuur van die ANC-koalisie.

Johannesburg verdien ’n regering wat belastingbetalers se belange op die hart dra, wat beplanning en kwaliteit herstelwerk prioritiseer en wat paaie veilig en betroubaar hou ongeag die weer.

Inwoners moet registreer en op 4 November vir die VF Plus stem vir beter en volhoubare dienslewering.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.