Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Resultate van Mbombela-wateroudit toon behoefte aan nuwe bestuur

Die VF Plus het die afgelope twee jaar deurlopend druk toegepas op die Mbombela-plaaslike munisipaliteit (Nelspruit, Witrivier, Barberton, Hazyview, Kaapsehoop) en het daarin geslaag om die munisipaliteit te oorreed om watermeteroudits te administreer.

Die doel is om oplossings te vind aangaande die voortgesette finansiële inkomste verliese wat Mbombela in die gesig staar weens waterverliese.

Laasgenoemde word veroorsaak deur gebrekkige infrastruktuur, waterdiefstal en knoeiery met watermeters.

In ‘n skriftelike antwoord op vrae wat die VF Plus ingedien het, het die munisipaliteit aangedui dat ná meer as twee jaar slegs die meer gegoede woonbuurte van Hazyview, Witrivier en Barberton geoudit is.

In hierdie woonbuurte is 5533 meters geoudit waarvan slegs 4001 werk. Dit dui op ʼn tekort van 1532 meters met foutiewe meterbevindings. Hiervan het 289 meters geensins gewerk nie.

Die VF Plus gaan ‘n skriftelike ultimatum aan die burgemeester, me. Sibongile Makushe-Mazibuko, stel met ‘n datum teen wanneer alle wateroudits in alle woonbuurte gefinaliseer moet word.

Die mense van Mbombela verdien beter as die ANC. Die munisipaliteit sal eers behoorlik funksioneer wanneer die ANC ontsetel word as regerende party.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.