Die VF Plus verwelkom die inhegtenisneming van twee verdagtes wat betrek word by die moord op die Morrison-egpaar van Glen in die Vrystaat.
Mnr. Christo Morrison (76) en sy vrou Christa (73) is verlede week op hul plaas buite Glen vermoor.
Die polisie se eenheid vir ernstige en gewelddadige misdade en die Vrystaat het saam met Welkom se taktiese reaksie-eenheid die twee verdagtes in ʼn gastehuis in Bloemhof vasgestrek.
Die VF Plus bedank die polisie se vinnige optrede en die gemeenskap vir hul bydrae wat daartoe gelei het dat die verdagtes vasgekeer is.
Plaasaanvalle en -moorde kan nie as gewone misdaad beskou word nie, veral weens die wreedheid wat daarmee gepaard gaan.
Die VF Plus dring weereens daarop aan dié soort misdaad tot ʼn prioriteitmisdaad verklaar word.
Die party doen ook ʼn beroep op veral landelike gemeenskappe om by hul plaaslike veiligheidstrukture aan te sluit en nie hul waaksaamheid te verslap nie.