fbpx
Vryheidsfront Plus

Probleme rondom Bela-wetsontwerp gee dalk nog ʼn kans vir opponente

Die omstrede Bela-onderwyswetsontwerp, wat vandag voor die Nasionale Raad van Provinsies (NRP) moes dien, het ‘n onvoorsiene terugslag beleef.

Dit is nie in die voorgeskrewe parlementêre lys vir aankondigings, tertafelleggings en komiteeverslae (ATC) gepubliseer nie wat beteken dat die NRP dit nie vandag kon bespreek nie.

Alle dokumente vir toekomstige handeling in die parlement moet in die ATC- gepubliseer word.

Dié versuim het aan die lig gekom toe die NRP vandag die gewysigde wetsontwerp moet hanteer.

Die wetsontwerp moet nou eers behoorlik gepubliseer word voordat die NRP dit kan goedkeur.

Daarna moet dit na die Nasionale Vergadering (NV) terugverwys word, omdat die NRP die teks wat die NV vroeër goedgekeur het, gewysig het.

Intussen spoed die huidige parlementêre termyn vinnig ten einde. Indien elke tegniese hekkie nie betyds oorgesteek word nie, kan die volgende regering kans kry om ‘n beter wet te aanvaar.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.