Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Raadslede in Rustenburg wat onreëlmatige aanstellings steun moet regskoste dra

Die VF Plus dring daarop aan dat raadslede in die ANC-beheerde Rustenburg-plaaslike munisipaliteit (RLM) persoonlik aanspreeklik gehou word vir finansiële verliese van die munisipaliteit wat voortspruit uit onwettige of onreëlmatige raadsbesluite.

Munisipale wetgewing bepaal dat raadslede wel aanspreeklik gehou kan word.

Die VF Plus het Vrydag in ʼn skrywe aan die speaker in die munisipale raad, me. Lebogang Pule, daarop gewys dat die party se raadslede nie enige aanspreeklikheid aanvaar vir finansiële verliese of regsgevolge wat sou spruit uit die onreëlmatige aanstelling van die munisipale bestuurder, mnr. Ashmar Khuduge, nie.

Die munisipaliteit is tans in ʼn regsgeding gewikkel oor die aanstelling van mnr. Khuduge.

Die party het reeds op 8 September 2023 tydens ʼn raadsvergadering uitgewys dat die aanstelling onreëlmatig en in stryd met verskeie proseduriële bepalings van die toepaslike munisipale wetgewing is.

Die VF Plus is die enigste party in die raad wat kapsie teen die aanstelling gemaak het en dit so laat notuleer het.

Dit blyk nou dat die LUR vir samewerkende regering, behuising en tradisionele sake in Noordwes, me. Nono Maloyi, in ʼn skrywe aan die RLM-burgemeester in Oktober dieselfde mening gehuldig het.

Hierdie voorval belig weer die gevolge van die ANC se roekelose omgang met belastinggeld om sy kaderontplooiingsdoelwitte ten alle koste te bereik.

Die VF Plus sal voortgaan om die prosesse te monitor om te verseker dat die betrokke raadslede aanspreeklik gehou word.

Suid-Afrikaners moet op 29 Mei verenig en met hul stemme seker maak dat die ANC uit regering verwyder word en vervang word met ʼn koalisieregering waarvan die VF Plus ʼn integrale deel vorm.

Sonder die ANC kan ons herstel en bou.

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Corrie Pypers

Nuwe winkelsentrum in Meyerton oorstroom

Indien die Midvaal-plaaslike munisipaliteit (De Deur/Walkerville, Eikenhof, Meyerton, Vaal Marina) sy stormwaterpype en -slote voor en tydens die reënseisoen onderhou het, sou die skade aan

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.