fbpx
Vryheidsfront Plus

Protesoptrede in Harrismith – niks anders as terreur

Die protesoptredes in en om Harrismith in die Vrystaat wat onder die dekmantel van diensleweringsbetogings plaasvind, is niks anders as terreur nie en blyk 'n poging te wees om die munisipaliteit en provinsie onregeerbaar te maak.

Die ANC se faksiegevegte is verantwoordelik vir die algehele onstabiliteit in die provinsie.

Dit is 'n gegewe feit dat dienslewering in die Maluti-a-Phofung-plaaslike munisipaliteit (Harrismith, Kestell, Phuthaditjhaba) totaal in duie gestort het. Inwoners ly as gevolg van die verval van infrastruktuur en ontoereikende basiese dienslewering.

Dit is egter onaanvaarbaar dat die groepe en leiers wat hierdie betogings reël, geweld aanhits en dat private eiendom beskadig word.

Volgens berigte is die Harrismith-lughawe se vliegtuigloodse met petrolbomme bestook, die sweeftuigklub se klubhuis afgebrand, ouers moes desnoods kinders uit skole haal en voertuie is met klippe bestook.

Dit is duidelik dat die faksiegevegte binne die Vrystaatse ANC die rede vir die protesaksies in die provinsie is.

Die vandalisme en terreur is tot nadeel van die Vrystaat se reeds sukkelende ekonomie.

Die VF Plus eis dat die regering en polisie dringend ingryp om verdere skade te voorkom.

Om te brand en af te breek, sal nie dienslewering verbeter nie. Kiesers het in Oktober vanjaar die geleentheid om verandering te bring en saam met die VF Plus op te staan en ‘n sterk boodskap aan die ANC te stuur dat swak dienslewering en die algehele verval van munisipaliteite nie langer geduld sal word nie.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.