fbpx
Vryheidsfront Plus

Druk van VF Plus dra by dat Nelson Mandelabaai-metro se nuwe eiendomswaardasierol op ys geplaas is

Die VF Plus verwelkom die bevestiging van die Oos-Kaapse departement van samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta) dat die nuwe eiendomswaardasierol vir die Nelson Mandelabaai-metro (NMBM) op ys geplaas word tot 2022.

Die VF Plus het oorspronklik beswaar aangeteken by die metroraad teen die nuwe eiendomswaardasierol gesien in die lig van die huidige ekonomiese klimaat en die finansiële druk waaronder inwoners verkeer.

Die laaste eiendomswaardasierol van 2017 sal nou in plek bly tot 30 Junie 2022.

Gemeet aan die swak dienslewering in die NMBM, was daar geen verband tussen die beplande verhoogde eiendomsbelasting en ‘n verbetering in dienslewering nie.

Die metro moet nou daarop fokus om sy uitstaande debiteure in te vorder wat toegeskryf kan word aan die kultuur van nie-betaling wat deur die ANC se ideologie veroorsaak is.

Met die komende plaaslike regeringsverkiesing kan inwoners van die NMBM saam met die VF Plus opstaan en ‘n sterk boodskap stuur dat die agteruitgang van dienslewering nie langer geduld sal word nie en dat belasting aangewend moet word in die gebiede waar dit geïn word. Tans word belasting nie op ‘n sistemiese en geoormerkte wyse hanteer nie.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.