fbpx
Vryheidsfront Plus

Polisie in Gauteng doen ook goeie werk

Alhoewel die publiek se vertroue in die polisie laag is, verrig die polisie in Gauteng ook goeie werk soos met die onlangse inhegtenisneming van honderde mense vir ernstige misdade.

Tydens dié operasie, Kae Moloa, is 1250 verdagtes in hegtenis geneem wat verbind word met misdaad soos geweld teen vroue en kinders.

Die oplettendheid van polisiebeamptes het ook gelei tot die inhegtenisneming van twee vermeende motorkapers Woensdag in Lilianton, Boksburg.

Hulle was in besit van polisie-uniforms, ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie.

Hulle word ook verbind met ‘n motorkaping wat speurders van die Jeppe-polisiekantoor ondersoek.

Polisiebeamptes word dikwels gekritiseer vir hul onbevoegdheid en onvermoë om die veiligheid van Gauteng se inwoners te verseker, maar dit is onregverdig om alle polisiebeamptes oor dieselfde kam te skeer.

Daar is wel baie beamptes wat doeltreffend is in die uitvoering van hul taak en die VF Plus bedank hulle daarvoor.

VF Plus sal voortgaan om druk te plaas op Gauteng se polisiekommissaris, lt.genl. Elias Mawela, om polisiebeamptes te bemagtig met die nodige opleiding en toerusting om hulle in staat te stel om hul werk deeglik te verrig.

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Armand Cloete

Premier moet ingryp by Matjhabeng-waterkrisis

Die VF Plus eis dat die Vrystaatse premier, Mxolisi Dukwana, moet ingryp by die voortslepende waterkrisis in die Matjhabeng-plaaslike munisipaliteit (Allanridge, Hennenman, Odendaalsrus, Ventersburg, Virginia,

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.