Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus vra OB om peperduur boorgate in JS Moroka-munisipaliteit te ondersoek

Die VF Plus het die openbare beskermer (OB) gevra om die JS Moroka-plaaslike munisipaliteit te ondersoek vir die sink van peperduur boorgate waarvoor daar in sekere gevalle meer as R800 000 betaal is.

‘n Artikel 106-ondersoek ingevolge die Munisipale Stelselswet is in 2020 geloods ná die sink van 19 boorgate vir die bedrag van R8.6 miljoen, maar geen stappe is geneem teen amptenare wat in die verslag betrek is nie.

Die standaardprys vir die sink van ‘n boorgat in Mpumalanga was in 2019 tussen R30 000 en R50 000.

Die geld was deel van 'n R18 miljoen-droogtenoodfonds wat die provinsiale regering aan die munisipaliteit beskikbaar gestel het.

Die meeste van die boorgate is op munisipale amptenare se eiendom gesink.

‘n Boorgat wat R860 000 gekos het, is glo op ‘n ANC-streeksleier se grond gesink om sy beeste van water te voorsien.

Die VF Plus het die OB genader om te verseker dat die skuldiges strafregtelik vervolg word en die wanaangewende fondse verhaal word.

Die VF Plus het ook vroeër vanjaar die premier, Refilwe Mtsweni-Tsipane, versoek om terugvoer te gee aangaande die ondersoek na JS Moroka se wanbesteding van die droogtenoodfonds.

Die premier het bevestig dat die ondersoek afgehandel is en dat die bevindinge en beslissings van wanadministrasie aan die munisipale raad vir uitvoering oorhandig is.

Volgens haar sal daar binnekort inhegtenisnemings volg.

Omdat die aanbevelings van die verslag nog nie die deur die munisipaliteit in werking gestel is nie, het die VF Plus die OB gevra om dié saak ook te ondersoek.

Die VF Plus sal die proses fyn dophou om seker te maak dat alle betrokkenes wat hulself skuldig gemaak het aan wanbesteding van fondse en korrupsie, aan die pen ry.

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.