Die VF Plus is gekant daarteen dat politici hulle inmeng in munisipaliteite se behuisingsprosesse. Dit is uitsluitlik die werk van die betrokke amptenare en politieke inmenging is onaanvaarbaar en gevaarlik.
Die Stad Kaapstad het onlangs ‘n regsmening bekom oor die rolle van politici in die behuisingsproses wat dit duidelik maak dat die rolle van politici en amptenare geskei moet word.
Dit word ook so uitgespel in die hofuitspraak Lindiwe Mazibuko & Ander teen die Stad van Johannesburg en Ander. Dit sluit aan by die letter en gees van die wette op munisipale stelsels en strukture asook met nasionale en provinsiale riglyne oor behuising.
Nieteenstaande hierdie riglyne doen die DA in Stad Kaapstad tans die teenoorgestelde deur pogings om dit verpligtend te maak vir die uitvoerende direkteur van behuising om eers in te skakel met die burgemeesterskomiteelid oor behuising voordat ‘n besluit oor die toekenning van behuising uitgevoer kan word.
Die DA kan nie die skeiding van politiek en administrasie van die nasionale regering eis maar dit dan self wil toepas nie. Dit is oneerlik en die VF Plus sal dit kragdadig teenstaan.