Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Polisie en landbougemeenskap werk saam om boer in Bloekomspruit-gebied te red

Goeie samewerking tussen die polisie en die landbougemeenskap het gisteraand 'n belangrike rol gespeel om verdagtes aan te keer nadat ‘n egpaar in die Bloekomspruit-gebied in Sedibeng op hul plaas aangeval is.

Mnr. Basie en mev. Ina Rosslee is Sondagaand in hul woning oorval. Mev. Rosslee kon dit regkry om met aangrensende plaaseienaars kontak te maak wat hulle na die toneel gehaas het.

Die rowers het met hul buit in die rigting van Deneysville gevlug waar hulle in hegtenis geneem is.

Die egpaar se vuurwapens is onder meer teruggekry.

Mnr. Rosslee is erg aangerand en na ‘n hospitaal gebring.

Te midde van geweld en politieke onsekerheid waarin boere in Gauteng gedompel is, is daar geen ander keuse nie as om betrokke te raak by gemeenskapsveiligheidsstrukture.

Die VF Plus sal nie ophou veg vir ‘n spesiale landelike beveiligingseenheid wat hom toespits op die voorkoming van plaasaanvalle en veediefstal in samewerking met boere en ander veiligheidsforums nie.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.