fbpx
Vryheidsfront Plus

Solidariteit Navorsingsinstituut-kragverslag: VF Plus dien petisie namens Solidariteit in

Die VF Plus het vandag die vakbond Solidariteit se petisie rakende kraglewering namens die vakbond by die parlement ingedien.

Hierdie petisie volg op 'n deurtastende verslag van die Solidariteit Navorsingsinstituut, waarin bevind word dat die kragkrisis wel met die regte optrede opgelos kan word.

Die belangrikste versoek wat in die petisie vervat word, is dat alle beperkings op die private opwekking van krag opgehef moet word.

Dit stem ooreen met die standpunt wat die VF Plus herhaaldelik in parlementêre toesprake in dié verband ingeneem het.

Op grond van hierdie ooreenstemming het die VF Plus aangebied om die verslag na enige forum te neem waartoe die party toegang het. Daarom is die petisie aan die VF Plus oorhandig om by die parlement in te dien.

Die verslag, opgestel deur die hoof van die Solidariteit Navorsingsinstituut, Connie Mulder, haal internasionale voorbeelde aan waar dit reeds gedoen is.

Die VF Plus sal verseker dat die petisie die nodige aandag geniet.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.