fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus stry teen onwettige aanstelling van waarnemende munisipale bestuurder in Madibeng

Die VF Plus in die Madibeng-plaaslike munisipaliteit (Brits, Hartbeespoort en Mooinooi), het die speaker in die munisipale raad, me. Ditshego Mbezi, in ‘n skrywe daarop gewys dat die aanstelling van me. Motlalekgomo Mmope as waarnemende munisipale bestuurder om verskeie redes onreëlmatig is.

Hierdie skrywe volg op ‘n chaotiese munisipale raadsvergadering op Vrydag, 8 Julie, waar Mbezi daarop aangedring het dat Mmope in die pos aangestel word.

Die VF Plus het tydens die vergadering daarop gewys dat me. Mmope nie kwalifiseer is vir die pos nie en dat haar aanstelling in stryd met die bepalings van die toepaslike munisipale wetgewing sal wees.

Dit het ook tydens die vergadering aan die lig gekom dat Noordwes se LUR vir samewerkende regering, tradisionele sake en behuising, Lenah Miga, die munisipaliteit reeds in Mei skriftelik ingelig het dat me. Mmope nie vir die pos kwalifiseer nie.

Die VF Plus het hierop ‘n voorstel in die raad ingedien om ‘n besluit aanvaar dat die LUR versoek word om ‘n geskikte persoon vir ‘n interim-tydperk na die munispaliteit te sekondeer. Dit sou die geleentheid bied om ‘n behoorlike proses met die aanstelling te volg.

Die burgemeester, mnr. Douglas Maimane, het die VF Plus se voorstel gesteun, maar Mbezi het geweier om ‘n stemming oor die kwessie toe te laat.

Die VF Plus en die meerderheid van die raadslede het hierop die vergadering verlaat, waarna Mbezi sonder die vereiste kworum, ‘n besluit genoteer het om die aanstelling van Mmope te bekragtig.

Die optrede van Mbezi in die raadsvergadering was blatant in stryd met die munisipale raad se ordereëls, sowel as verskeie bepalings van munisipale wetgewing.

Dit is skandelik dat ANC-politici voortgaan om reëls, regulasies en wetgewing te ignoreer en te oortree wanneer dit nie hul persoonlike belange dien nie.

Dit versterk ‘n kultuur van wetteloosheid en die verval van waardes in munisipaliteite landwyd.

Die VF Plus sal voortgaan om te stry teen die onregmatige aanstelling van onbevoegde amptenare in plaaslike regering en sal diegene wat hulle skuldig maak aan wanpraktyke, verantwoordbaar hou.

Die inwoners van Madibeng verdien beter as die ANC.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.