fbpx
Vryheidsfront Plus

Verkeer by skole steeds ‘n prioriteit vir VF Plus in Tshwane-metro

Die VF Plus is steeds aktief besig met sy projek om te sorg dat veilige verkeersbestuur rondom skole in die Tshwane-metro toegepas word.

Die VF Plus kry gereeld klagtes van bekommerde gemeenskapslede en ouers oor die groeiende en gevaarlike verkeersvloei by skole in die metro. Die toenemende verkeer speel ook ‘n ontwrigtende rol vir inwoners wat naby die skool woon.

Die VF Plus het onlangs bewus geraak van verkeersprobleme rondom die Dirk Postma-CVO-Skool en kleuterskool.

Die skool is geleë op die hoek van twee baie besige paaie, naamlik Codonia- en Cunninghamlaan in Waverley.

Tydens inspeksie het die VF Plus vasgestel dat ten spyte van die swaar verkeer in die twee strate daar geen padteken bestaan wat vereis dat motors spoed verminder weens die teenwoordigheid van ‘n skool nie.

Daar is ook geen voetoorgang vir die leerders en ander persone wat die besige paaie te voet moet oorsteek nie.

Die VF Plus het die metro versoek om ‘n verkeersimpakstudie te doen met aanbevelings.

Die studie is suksesvol afgehandel en gevolglik is die volgende aanbevelings gemaak vir implementering deur die departement van verkeersingenieurswese:

• ‘n Spoedbord wat ‘n spoedbeperking van 40 km/ph aandui moet voor die skool opgerig word in Codonialaan;
• ‘n Voetoorgang oor die pad moet reg voor die skoolhek geskep word; en
• Waarskuwingstekens om uit te kyk vir kinders moet ook opgerig word (W308-borde).

Die VF Plus glo dat die voorgestelde wysigings die verkeersvloei voor die skool veiliger sal maak en sal die oprigting daarvan monitor.

Die skole-verkeersprojek van die VF Plus is deel van die oorhoofse aksie van die party om die Tshwane-metro ‘n veiliger plek te maak om in te woon.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.