fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus gekant teen aanstelling van omstrede munisipale bestuurder by Rand West City

Die VF Plus is gekant teen die vinnige aanstelling van mnr. Thabo Ndlovu as munisipale bestuurder van die Rand West City-plaaslike munisipaliteit (Randfontein en Westonaria).

‘n Spesiale vergadering vir die aanstelling van ‘n munisipale bestuurder het plaasgevind slegs twaalf ure nadat die aankondiging uitgestuur is.

Die speaker, mnr. Dumile Sithole, het geen debat of stemmery oor die aangeleentheid toegelaat nie.

Die VF Plus het reeds ‘n brief aan die speaker gestuur en verwys na verskeie foute wat gemaak is voor en met die aanstelling van mnr. Ndlovu.

Die openbare rekeningekomitee van die munisipaliteit het in 2018 aanbeveel dat ‘n strafregtelike saak teen mnr. Ndlovu geopen word vir sy betrokkenheid in die Sakhingomso-transaksie.

Die komitee het in sy verslag in die 2016/17-finansiële jaar die transaksies met Sakhingomso as onreëlmatig beskou.

Die munisipaliteit se hoof-finansiële beampte, mnr. Vincent Mkhefa, was die enigste direkteur van Sakhingomso en mnr. Ndlovo het die betaling aan die maatskappy goedgekeur.

Hierdie omstrede aanstelling is nog ‘n voorbeeld van kaderontplooiing.

Die Rand West City-munisipaliteit is reeds in finansiële moeilikheid en kan nie bekostig om ‘n omstrede figuur in die belangrike pos van munisipale bestuurder aan te stel nie.

Dit is algemeen bekend dat daar geen instandhouding van kritieke infrastruktuur of effektiewe dienslewering is weens die ANC se wanadministrasie nie.

Die VF Plus sal by elke geleentheid sy teenkanting teen kaderaanstellings uitspreek en daarop aandring dat aanstellings op meriete geskied, ongeag velkleur.

Die inwoners van Rand West City verdien beter as die ANC.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.