fbpx
Vryheidsfront Plus

Lisensiekantoor in Randfontein weer gesluit weens tekort aan spesiale papier om motorvoertuiglisensies uit te reik

Die VF Plus het die burgemeester van die Rand West City-plaaslike munisipaliteit (Randfontein en Westonaria), Gladys Khoza, versoek om die betalingsooreenkoms tussen die munisipaliteit en die Gautengse departement van vervoer na te kom om te voorkom dat ‘n tekort aan spesiale papier in Randfontein se lisensiekantoor ontstaan.

Dié kantoor is tans weer gesluit omdat die munisipaliteit nie sy ooreenkoms nakom om alle geld wat ontvang word vir die uitreiking van voertuiglisensies, aan die departement oorbetaal nie.

In die verlede kon Rand West City-munisipaliteit, wat as agent vir die departement optree, 20% van die inkomste hou.

Die munisipaliteit het egter gereeld die ooreenkoms verbreek en nie die geld aan die departement betaal nie.

‘n Nuwe ooreenkoms is tussen die onderskeie partye gesluit, maar die munisipaliteit het ook nie dié ooreenkoms eerbiedig nie.

Weens die munisipaliteit se wanbetaling word motoreienaars gedwing om met vervalde lisensies te ry, motorhandelaars se verkoopstransakies word vertraag, personeel van die lisensiekantoor kan nie werk nie en die uitreiking van lisensies hoop op.

Die ANC se wanbestuur veroorsaak dat die munisipaliteit finansieel verder agteruitgaan ten koste van die inwoners en dienslewering.

Die inwoners van Rand West City verdien beter as die ANC.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.