fbpx
Vryheidsfront Plus

Koalisie-regering sal dienslewering in Germiston verbeter

Die VF Plus het Saterdag ‘n groep mense wat ‘n openbare vergadering in Germiston bygewoon het, verseker dat dienslewering aan die gebied een van die Ekurhuleni-metroraad se die hoogste prioriteite is.

Inwoners wat in Victoria Lake bymekaar gekom het, het ‘n lang lys van klagtes aan raadslede voorgelê.

Inwoners is onder meer ontevrede oor swak kommunikasie vanaf die metro, aanhoudende kragprobleme, die toenemende beskadiging van infrastruktuur, slaggate wat toeneem, daaglikse kabeldiefstal en meer.

Die VF Plus het inwoners die versekering gegee dat ‘n omkeerstrategie gevolg word.

Die koalisie-regering, waarvan die VF Plus deel is, kan egter nie die vernietigingswerk van die vorige ANC-regering in ‘n paar maande uitwis nie.

Die vergadering is verseker dat kragvoorsiening die grootste deel van die 2022/23-begroting toegeken is.

Die metro is ook besig met strategiese beplanning om kabeldiefstal te bekamp, substasies en transformators op te gradeer en om straatligte en paaie te herstel.

Die VF Plus sal alles in sy vermoë doen om Germiston weer in ‘n vooruitstrewende gebied te omskep.

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Mark Surgeon

Tshwane-metro minag Strukturewet

Die Tshwane-metroraad het gister tydens ʼn raadsvergadering die Munisipale Strukturewet geminag deur ʼn verslag wat handel oor ʼn ANC-raadslid wat ses agtereenvolgende raadsvergaderings nie bygewoon

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.