fbpx
Vryheidsfront Plus

Organisatoriese hersiening van Ekurhuleni-metro in Februarie hanteer

Die langverwagte organisatoriese hersiening van die Ekurhuleni-metro se samestelling sal in Februarie voor die metroraad dien ná druk van die VF Plus.

Die organisatoriese hersiening van die metro se administrasie om doeltreffende dienslewering te verseker aan inwoners is lankal nodig.

Ongelukkig het die ANC/EFF-regering in die metro voete gesleep daarmee.

Die hersieningsdokument wat egter intussen aan politieke partye in die metro verskaf is, bevat baie gebreke wat aangespreek moet word.

Volgens die VF Plus is die huidige plan eerder om meer magte aan die administrasie in die kantoor van die stadsbestuurder toe te ken as om hervorming te implementeer om dienslewering meer effektief te maak.

Dit sal lei tot ʼn parallelle regering vanuit die stadsbestuurder se kantoor.

Dit verduidelik waarom dit so lank geneem het om die organisatoriese hersieningsdokument aan die opposisie te openbaar.

Die ANC/EFF-regering en stadsbestuurder weet die VF Plus sal nie te vinde wees vir die voorstelle nie en dit sal beveg.

Personeel word ook nie juis verminder om meer besparings vir die metro te bring nie.

Die personeel word slegs verminder van 21 526 tot 21 522.

Dit is duidelik dat die ANC/EFF-regering nie die geleentheid wil benut om die metro meer finansieel volhoubaar te maak en dienslewering te verbeter nie.

Die VF Plus sal insette lewer om ʼn beter organisatoriese hersieningsplan daar te stel.

ʼn Meer effektiewe en kostebesparende Ekurhuleni-metro en -administrasie is vir die VF Plus ononderhandelbaar.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.