Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Onwettige kragaansluitings laat Tshwane-kragnetwerk wankel

Die groot aantal informele nedersettings wat onwettig aan die Tshwane-metro se kragnetwerk gekoppel is, laat die metro se reeds brose kragnetwerk wankel.

Onwettige kragaansluitings hou ernstige veiligheidsrisiko’s in vir inwoners en lei tot gereelde kragonderbrekings in die metro weens oorlading.

Die Tshwane-metro het in Desember verlede jaar 575 informele nedersettings geïdentifiseer wat vinnig uitbrei weens onwettige grondbesettings.

Die metro se petisiekomitee het sowat 20 versoekskrifte van informele nedersettings ontvang wat vra om tydelik aan die kragnetwerk gekoppel te word.

Die VF Plus sal die versoeke nie steun wanneer dit voor die raad dien nie.

Dit is bykans onmoontlik om tydelik krag te voorsien aan informele nedersettings as die metro nie eers in staat is om sy bestaande netwerk in stand te hou om aan getroue belastingbetalers volhoubaar krag te lewer nie.

Die VF Plus eis dat daar onverwyld streng opgetree word teen inwoners met onwettige kragaansluitings in informele en formele woongebiede. Hul onwettige kragverbruik is op die rekening van getroue betalers.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.