fbpx
Vryheidsfront Plus

Onwettige kleuterskool in Rietfontein gesluit

Die munisipale hof van die Tshwane-metro se sluiting van die kleuterskool in Rietfontein, Pretoria, stuur ʼn sterk boodskap aan alle ondernemings om ten alle tye aan munisipale regulasies te voldoen.

Die eienaar van dié betrokke kleuterskool in Ben Swartstraat is die afgelope twee jaar versoek om aan munisipale verordeninge te voldoen en om met die metro se departement van ekonomiese ontwikkeling en ruimtelike beplanning saam te werk.

Al die versoeke het op dowe ore geval.

Die VF Plus het sedert die totstandkoming van die kleuterskool talle klagtes van omliggende inwoners ontvang oor die geraas en die dalende markwaarde van hul eiendom.

Daar is ook geen duidelike padtekens voor die kleuterskool aangebring om motoriste te waarsku oor die beweging van kinders nie.

Die hofuitspraak het bevind dat die woning nie voldoen aan die standaarde vir die bedryf van ʼn kleuterskool nie, dat die perseel nie gehersoneer is vir kommersiële gebruik nie en dat die eienaar nie oor ʼn wettige gesondheidsertifikaat beskik nie.

Die VF Plus moedig entrepreneurskap en die vestiging van nuwe ondernemings in die Tshwane-metro aan, maar daar moet ook streng aan munisipale verordeninge voldoen word.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.