Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus sal voortgaan om sy rol as koalisievennoot in Swellendam te speel ná bedanking van VF Plus-speaker

Die VF Plus het kennis geneem van die bedanking van mnr. Juan van Schalkwyk as lid van die VF Plus en ook as speaker en raadslid in Swellendam.

Mnr. Van Schalkwyk se optrede en bedanking is direk in stryd met ‘n besluit wat die uitvoerende strukture van die VF Plus geneem het in die beste belang van geregtigheid, deursigtigheid en geloofwaardigheid.

Die VF Plus hoop nie dat sy bedanking ‘n invloed sal hê op die ondersoek wat gedoen moet word na die klagtes teen die voormalige DA-burgemeester, mnr. Francois du Randt nie.

Die party sal voortgaan om daarop aan te dring dat hierdie klagtes volledig ondersoek word in die belang van deursigtigheid van verantwoordbaarheid en in belang van die inwoners van Swellendam.

Die VF Plus is daartoe verbind om ‘n betroubare koalisievennoot te wees en sal voortgaan om daardie rol te speel in die belang van die mense van die Wes-Kaap.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.