Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

ANC moet besef Trump se waarskuwings oor Suid-Afrika is nie leë woorde nie

Pres. Donald Trump se sterk woorde oor regeringsvergrype soos onteiening in Suid-Afrika en Amerika se onmiddellike opskorting van geldelike hulp van honderd miljoene rand aan die land, moet baie ernstig opgeneem word.

Die ANC kan by voorbaat aanvaar dit is nie leë woorde nie.

Die VF Plus sal met so ‘n ondersoek saamwerk soos wat die party in die verlede ook alles moontlik gedoen het om die buiteland in te lig oor gebeure in Suid-Afrika, soos plaasmoorde.

Die party doen terselfdertyd ‘n beroep op Amerika dat sy optrede gemik sal wees teen die leierskap van die ANC en individue en nie teen gewone Suid-Afrikaners wat reeds ly weens ANC-vergrype soos korrupsie en wanbestuur nie.

Trump het in ‘n kort video-onderhoud onder meer gesê “vreeslike dinge” gebeur in Suid-Afrika:

“Die leierskap (in Suid-Afrika) doen aaklige dinge. Ons is besig om dit met erns te ondersoek om uit te vind wat aangaan. Ons wil presies weet wat daar aangaan, soos om grond af te neem en dinge wat selfs veel erger kan wees.”

Die tyd het aangebreek dat die weste en veral Amerika hard en duidelik aan die regering in Suid-Afrika sê verdrukking van minderhede en plundering van die land kan nie langer voortgaan nie.

Tot nou toe het Suid-Afrika hom hoofsaaklik omring met lande wat uitgesproke vyandig is teenoor Amerika en sy bondgenote soos Israel, en waar menseregtevergrype grootliks die norm is.

Die ANC-regering het hom tuis gevoel in hierdie omgewing waar hy selfs terreurgroepe soos Hamas openlik kon omarm.

Dit is nou duidelik dat Amerika nie bereid is om toe te laat dat sy geld langer beskikbaar is vir die ANC om te plunder nie.

Optrede teen persone in die ANC en regeringskringe kan dieselfde patroon volg as optrede teen burgers van Rusland na die aanvang van die oorlog met Oekraïne.

Mense kan sodoende gedwing word om hul gedrag te verander deur veral ekonomiese sankies wat die finansiële-bedrywighede van individue raak, soos die bevriesing of beslaglegging van buitelandse bates en reisbeperkings.

Die groot Amerikaanse beer het begin grom vir Suid-Afrika. Dit bring sonder twyfel ‘n einde aan die ANC se ongehinderde vernietiging van Suid-Afrika oor langer as drie dekades.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.