Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Mangaung: Brandweer se diesel word gebruik vir vullisverwydering

Die VF Plus is uiters bekommerd oor die krisis in die Mangaung-metro waar vullisverwydering weens ‘n tekort aan diesel nou afhanklik is van noodvoorraad wat by die brandweer verkry word.

Hierdie desperaatheid stel nie net lewens en bates in gevaar nie, maar wys ook duidelik op die metro se mislukking om kritieke dienste behoorlik te bestuur.

Brandstof wat vir noodsituasies en brande bedoel is, kan nie gebruik word om ‘n basiese diens soos vullisverwydering aan die gang te hou nie. Dit is die direkte gevolg van swak beplanning en wanbestuur van kontrakte.

Die hoof finansiële beampte, Zuzu Thekisho, het onlangs tydens ‘n vergadering met die munisipaliteit se departementshoofde bevestig dat die metro ‘n kontrak met ‘n nuwe dieselverskaffer gesluit het wat voorafbetaling vereis, iets wat nie deel was van die oorspronklike kontrakvoorwaardes nie.

Hierdie situasie werp ernstige vrae oor die metro se voorsieningskettingprosesse. Dit is duidelik dat die verskaffer nie die vermoë het om sy verpligtinge na te kom nie.

Die VF Plus eis dat daar dringend ondersoek ingestel word of die regte tender- en kwotasieprosesse gevolg is en of die verskaffer wel aan alle voorkwalifikasie-vereistes voldoen het.

Daar moet onmiddellik ander planne gemaak word om diesel te bekom sonder om nooddienste in gevaar te stel.

Mangaung kan dit eenvoudig nie bekostig om sy inwoners se veiligheid in te boet weens swak beplanning en kontrakte wat nie in hul beste belang is nie.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.