Die Nasionale Verbruikerskommissie (NVK) het aangekondig dat die Wes-Kaapse sittings om ondersoek in te stel na probleme in dié bedryf, op 11 en 12 Julie in Kaapstad sal plaasvind.
Dit sal plaasvind in die Cape Town Lodge Hotel en Konferensiesentrum in Buitengrachtstraat 101, Kaapstad. Die hotel se kontaknommer is 021-422 0030.
Volgens adv. Alberts het die NVK 'n ondersoekpaneel van drie lede aangestel om die hoofoorsake van verbruikersklagtes in die tyddeel-bedryf te ondersoek.
Die doel van die ondersoek is om die oorsake van die probleme wat verbruikers ervaar, te identifiseer, bevindinge te maak oor die feite en bewyse wat aan die paneel voorgelê word en om dienooreenkomstig aanbevelings te maak.
Adv. Alberts sê dit is belangrik dat die publiek sy volle steun aan die ondersoek gee. Registrasievorms vir deelname kan gekry word by mnr. Neels Hattingh van die VF Plus by neels@vfplus.org.za . Hy kan ook geskakel word by 012-772 4410.
“Die VF Plus ondersoek tans, met die goedkeuring van die verbruikerskommissie, die moontlikheid om ‘n deur ‘n hofaansoek of met ingryping van die verbruikerstribunaal alle bestaande kontrakte ongeldig te laat verklaar terwyl die huidige ondersoek aan die gang is,” sê adv. Alberts.
Kontaknommers: 082 391 3117 / 083 419 5403